Vrydag 18 November 2011 ~ Pipa's in Bultfontein (Vrystaat).

Piet is al 'n gereelde gesig in Bultfontein, en speel 2 of 3 keer per jaar by Pieter en Paul se gastehuis/restuarant/tuin/kultuur plekkie. Op hierdie datum is hy terug met nog nuwe liedjies, en 'n trick of twee met die kitare. Moet nie in die tokoms weer by Bultfontein verbyry nie, maak 'n draai en spandeer 'n aand.

By 'n Pipa's konsert is daar net genoeg plek vir so 20 mense, so dit is omtrent so intiem as wat jy Piet kan beleef sonder sonde.

Vir besprekings of navrae, bel Paul by  072 247 7654

foto: Johanna Reyneke

Saterdag 19 November 2011 ~ AasvoëlKlub, Bloemfontein.

Piet se vertonings by die Aasvoël Klub in Bloemies is altyd baie besonders. Die atmosveer van die Klub en Piet komplimenteer mekaar heeltemal, en elke keer wat hy daar speel, raak dit net beter. 'n Piet van Wyk de Vries op die verhoog van AasvoëlKlub is iets om ten minste een keer in jou lewe te beleef.

Hy gaan hierdie keer weer hoofsaaklik sy eie liedjies sing, maar ook 'n paar versoeke, en soos altyd, 'n huldebleik aan Lukas en 'n hoed-tip vir Coenie. Kom luister vir die eerste keer in jou lewe na die verlore 4de vers van Lukas se Vicktoria-Baai.

Vir navrae of besprekings, bel vir Mariëtte by 071 150 3793

foto: Mariette Barnard

 

Saterdag 26 November 2011 ~ Saartjie se Garage, Melville.

Soos wat ondergrondse plekkies gaan, is Saartjie sin een van die bestes, en die moeite werd om te ondek. Hierdie is Piet se eerste optrede daar, en spesiaal vir sy ondersteuners en vriende in die Johannesburg area.Kom saam en vind uit wie die man agter die meisie in die maan nou eintlik is.

Slegs so 40 plekke is beskikbaar, en jou R250 kaartjie koop vir jou 'n 4 gang ete ook! Publieke optredes deur Piet in Johannesburg is so skaars soos hoendertanne, so jy gaan lang trane huil as jy hierdie ene mis.

Vir navrae of besprekings, bel De Waal Hatting by 072 997 6903

foto: Leon Wolmarans

 

Sommige Sondag Aande 2011/12 ~ Thunder Ridge Spur, Centurion.

Vir jare speel Piet al elke tweede Sondag aand by sy vriend se Spur (elke ander sondag speel sy vriend, Francois du Toit).  'n mengsel van oorsronklike musiek  en versoeke, in Afrikaans en Engels, gee Piet die geleendheid om sy optredes to "polish" tot op die standaard waar hy tans bykans perfekte verwerkings kan uitvoer van sy eie, en 'n verassende versameling van ander se liedjies. Piet reken dat jy nie 'n goeie kitaar-speel en sing ding kan doen sonder om gereeld in die publiek in 'n "geen-druk" situasie op te tree nie. Hierdie agtergrond musiek opvoerings by die Spur langs sy huis gee hom so 'm geleendhied, en gee jou die kans om vir hom te kyk en te ontmoet en kuier in 'n baie rustige atmosfeer.

Ingang is natuurlik gratis en optredes hou so van 18:00 tot 21:00 aan. Hierdie optredes was vir die eerste 5 jaar bietjie van 'n geheim wat net die naaste vriende en familie van geweet het, so, thank your lucky stars, en gaan wys jou gesig vir 'n bord vol ribbes! Marilize Muller van Roodepoort sê dat as jy daar gaan kuier, vra vir Piet om vir jou "Waiting in vain" van Bob Marley te sing.

 

Vir navrae of besprekings, bel Thunder Ridge Spur by  012 653 9003/4

Om te hoor of Piet op 'n spesifieke sondag aand daar gaan wees, SMS die vraag na 083 498 5943 toe.

foto: Debbie vd Vyver

 

   

 

Wil jy 'n klein huiskonsert reel vir spesiaal vriende, of vir Piet kry om op jou troue of verjaarsdag 'n private vertoningkie te kom hou? Wel, moennie huiwer nie, moenie wik of selfs weeg nie. Kontak hom direk deur Facebook, of by piet@vanwykdevries.com. Jy sal dalk verbaas wees hoe 'n cheap date hy rerig is!

foto: Nandeli Hillebrands

 

Party mense pas jou motor op. Ander pas jou taal en jou hart op. As jy donasies gee vir mense wat maak asof hulle jou karretjie oppas, hoekom nie ook vir iemand wat maak asof hy kan skryf nie?

vir navrae, epos Alishia by Storm Rekordz

of bel haar by 083 635 4717

vir besprekings

hallo@vanwykdevries.com

of

012 653 6162

 © everything on this website is protected / alles op hierdie webwerf hap 'n moerse skoot