|
Webwerf is besig om gebore te raak Feb 2012 ~ die webwerf vanwykdevries.com is nou uiteindelik stelselmatig besig om weer op te staan. Na lank se wik en weeg oor uitleg en inhoud, is daar nou rigting en drank betrokke. So, dinge gebeur! Hou dop soos dit aangaan. Die padstalletjie, en musiek, liriek en video afdelings gaan van nou af opgebou word teen 'n groot spoed. Die biografie deel het ook nou jou hulp nodig: Gaan skryf bietjie JOU ervaring of "bio" van Piet neer, dan publiseer ons dit hier. Dit behoort nogal interresant te wees! |
|
|
|
Kontrak met Storm Rekordz: Nuwe album is oppad!
Feb 2012 ~ Na meer as 'n jaar van gesels onderhandel het Piet van Wyk de Vries en Storm Rekords besluit om 'n promosie en verspreidings ooreenkoms vas te maak. Dit gaan lei tot Piet se eerste album uitreiking in 2 jaar, en eerste kommersiele uitreiking sedert die suksesvolle die Son die Maan die Sterre album meer as 5 jaar gelede. Die ooreenkoms met Storm Rekords gaan binne die volgende dae gefinaliseer en geteken word, ons gaan probeer om 'n foto te kry!
Die nuwe album gaan bekendgestel word in Pretoria en Bloemfontein, en dalk die Kaap ook, beginnende met 'n groot optrede by die Atterbury Teater in Pretoria, op die 7de Mei (wat ook Piet se verjaarsdag is). Daar is ook beplan om 'n nuwe liedjie en video publiek uit te reik 'n paar maande voor die album. Meer nuus soos dit kom!
|
|
Party mense pas jou motor op. Ander pas jou taal en jou hart op. As jy donasies gee vir mense wat maak asof hulle jou karretjie oppas, hoekom nie ook vir iemand wat maak asof hy kan skryf nie?
|
vir navrae, epos Alishia by Storm Rekordz of bel haar by 083 635 4717 |
vir besprekings of 012 653 6162 |
||
|
© everything on this website is protected / alles op hierdie webwerf hap 'n moerse skoot |