vrae

 

 

OPTREDES   VRA  WOORDE   KYK   FORUM   KONTAK

 

 

Indien jy enige vrae van jou eie het, skryf aan ons

 

Wat is 'n "Piet van Wyk de Vries" ?

Piet van Wyk de Vries is een van ons beste lewende Afrikaanse liedjieskrywers. Honderde van sy liedjies is al gesing of gesteel deur bekende en onbekende sangers, en opnames wat hy verwerk en vervaardig het verskyn in amper elke versameling Afrikaanse CD's in die wêreld.

 

Is "Piet van Wyk de Vries" 'n skuilnaam?

Nee. Al het hy baie werk onder skuilname al gedoen , is  Piet is sy regte naam en van Wyk de Vries is sy regte van. Dis 'n baie ou van ('n paar honderd jaar) maar steeds 'n klein familie, met huidige nasate is Engeland, Nederland, Belgie, Frankryk en Suid Afrika. Al die van Wyk de Vries'se is SA is familie van mekaar, en Piet self is 'n 3de generasie Suid Afrikaans gebore van Wyk de Vries. So nee, van Wyk de Vries is nie 'n kombinasie van sy ma en pa se van nie.

 

Wie het die webwerf se skilderye van Piet gemaak ?

Meeste is deur Bess Rheeders. Sommige van die skilderye op die lirieke blaaie is deur Piet self.

 

Kan mens Piet bespreek vir 'n optrede?

Ja. Meeste van Piet se optredes is by besigheids geleenthede, troues, partytjies, vondsinsamelings en so aan. Skryf vir hom by hallo@vanwykdevries.com vir besonderhede en pryse. Piet is ten alle tye so min of meer 3 maande vooruit vol bespreek, so kontak hom vroegtydig.

 

Waar kan jy Piet se CDs koop?

Piet se musiek is nie oor die algemeen in die mark beskikbaar nie. Gevolglik is sy CD's so skaars soos hoendertande. Jou beste kans is om by jou plaaslike ONAFHANKLIKE CD winkel in te loer, en as hulle nie vooraad het nie, hulle te vra om dit vir jou te bestel . Piet se cd's word versprei deur  Select Music Distribution (SMD), so enige CD winkel in Suid Afrika KAN die cds maklik bestel. Piet se CD's is ook altyd beskikbaar by al sy optredes.

 

Piet se CD's is ook oor die algemeen beskikbaar by verskye aanlyn verspreiders. Google net eenvoudig piet van wyk de vries take 2 , of google die volgende kode : cirxcd7272 , of kliek hier www.take2.co.za

 

Ons gaan binnekort ook 'n paar dienste hier op die webwerk begin waar jy die CD per courier direk kan aankoop.

 

Kan mens Piet se musiek aanlyn koop vir aflaai?

Vir aflaai aankope per kredietkaart, besoek http://www.netmusiek.co.za

 

Hoekom is Piet nie bekend nie?

Hy het geen diep belangstelling in bekendheid nie. Hy wil net vir homself die beste, mees inspereerende musiek maak , en 'n gelukkige, singende mens wees .

 

Hy het albei daardie drome reeds bereik.

 

Wie onderhou hierdie webwerf?

Piet besit self die webwerf. Inhoud en optredes word onderhou deur betrokke ondersteuners, ander skrywers, fotograwe en joernaliste in hulle vrye tyd, en soms ook 'n ongetemde skilder of twee.

 

Wil jy meer weet van Piet?

Blykbaar wil sy vrou ook! Daar is 'n paar artikels op die internet as jy wil soek. Party is nie so nice nie, maar ander is weer baie goed (Piet is wat mense noem 'n " polariserende persoonlikheid"....jy gaan hom óf wil vermoor, óf jy gaan mal wees oor hom )

Iemand het so 'n paar jaar terug begin skryf oor hom op wikipedia, en ander het die artikel oor die jare aangevul. Ons stel voor jy begin daar.

 

20100512