NUUS  OPTREDES  FAQ  LIRIEKE  GALERY  AFLAAI  KONTAK  KOOP

 

 

Indien jy enige vrae van jou eie het, skryf aan ons

Vir pers-gerigte navrae, kontak asseblief vir Lydia Winchester by 082 554 8453

of by lydiaw@mweb.co.za

 

Waar is Piet gebore?

Piet van Wyk de Vries is gebore op 7 Mei 1972 in Johannesburg, die oudste van vier kinders van Piet sr. en Leonie van Wyk de Vries

 

Waneer het hy begin met musiek?

Hy het tydens sy skooldae geen ernstige belangstelling vir musiek gehad nie, maar het wel begin eksperimenteer met lirieke. Hy het 'n paar maande se kitaarlesse geneem , en opgehou toe die kitaar onderwyseres uitgetree het.

 

In 1995 het hy begin self speel by restuarante as 'n solo kunstenaar, onder die skuilnaam "Peter Last", maar in 1996 het hy  'n groep begin met die naam  "Flying Circus", en binne 3 maande slaan hulle die grootste kontrak los tot op daardie stadium in Suid Afrka. Later in 1996 het hulle die album "Favourite Jinx" vrygestel, wat volgens critici net eenvoudig te vêr voor sy tyd was om 'n gehoor te wen. Die album word vandag nog gespeel op radio stasies, en het 'n wyd verspryde kultus-gevolg veral oorsee.(Met wyd verspreid bedoel ons nou so 'n paar dosyn mense wat regoor die wereld bly!)

 

Ook in 1996 het sy pa hom geborg om 'n liedjie skrywers werkswinkel by te woon by Klein Kariba, deur Jannie du Toit, Lukas Maree, Christa Steyn en Johan van der Watt. Hier het hy stadig begin om 'n voorkeur vir skryf in sy moedertaal te ontwikkel.

 

Waneer het hy begin met produksie en verwerking?

Die opname van die eerste Flying Circus album het in hom 'n belangstelling in musiek produksie en akoestesie ontwerp aangewakker, wat hy in sy eie tyd gaan navors het, en in 1998 het hy die Sting Music maatskappy oortuig om hom toe te laat om vir hulle 'n klankateljee te ontwerp en te bou. Die attlejee is in 2000 voltooi en was op daardie stadium die grootste suiwer digitale ateljee in Afrika, en moontlik die Suidelike Halfrond. Sy stelsels het die pas aangegee vir instansies soos die SAUK, wat jare later dieselfde prinsiepe gevolg het.

 

In hierdie atleljee het hy begin werk as 'n klank ingeneur op verskeie projekte, insluitend Kwaito, Korale Musiek, Boere Musiek, en Reggae. Van die bekende kunstenaars waarmee hy gewerk het is PJ Powers, Lebo Matosa, en selfs Eddy Grant. Hy het ook meer tyd begin spandeer as 'n liedjie skrywer, en onder sy vroegste suksesse was sangers soos Bille Forest, Michael De Pinna (Yebo Goggo), Mathys Roets, en PJ Powers.

 

Het Piet rerig vir Dozi gehelp?

In 2001 het hy die kans gekry om 'n vinnige album (in slegs 9 dae) op te neem vir 'n onbekende Afrikaanse sanger met die naam van Dozi. Die album "Op Aanvraag" het daarna een van die suksesvolste albums van sy soort geword in die geskiedenis van Afrikaanse Musiek, en ook die loopbaan van Stef Kruger gelanseer. Ongelukkig, in die uitval tussen Dozi en die maatskappy na die uitreiking van die album, is diegene in die maatskappy wat aan die projek gewerk het almal onder druk geplaas om te bedank. Dit het Lydia Winchester, die brein agter die album, en Piet self ook ingesluit.

Tog het die album hom laat besef dat Afrikaans werklik sy eerste liefde was, en hy het op sy eie aangegaan as 'n vryskut produksieleier en skrywer in die Afrikaanse Mark.

 

In die daaropvolgende jare het hy baie onafhanklike kunstenaars se albums opgeneem en vir hulle liedjies geskryf. Met kompilasies soos "Bokjol" en "Hitfabriek", het hy die pot aan die kook gehou, ook met die hulp van sy vrou, WIlmarli, wat 'n opvoedkundige teater maatskappy het.

Met sy kennis van digitale opname stelsels het hy 'n volgende generasie fasiliteit in 'n spaar slaapkamer ingebou, waar hy begin eksperimenteer het met nuwe produksie tegnieke. Hier het hy onderandere die album "Suur" met die groep "Melk" opgeneem, waarvoor hulle 'n Geraas toekenning ontvang het. Die album het mettertyd 'n gesogte versamelstuk geword.

 

Meer onlangs het Piet en Dozi se paaie weer gekruis toe Piet vir Dozi die liedjie "Susanna Soen My" gegee het. Piet het ook baie produksiewerk op die album "Kom 'n Biejtie Binne" gedoen.

 

Vir wie het Piet al liedjies geskryf?

As skrywer het hy heelwat sukses behaal met liedjies vir onerandere Melk, Mathys Roets, Dozi, PJ Powers, Billy Forest, Michael DePinna (yebo goggo), Quentin Prinsloo, Marina, Zeldine, en Wynand Strydom. Benewens hulle, het hy al vir so 'n paar dosyn ander kunstenaars ook geskryf wat minder bekend is, en teen diè tyd weet Piet self nie wie en waar sy liedjies al opgeneem het nie. Huidiglik skryf hy net vir top kunstenaars, en slegs onder spesiale omstandighede.

 

Hoekom het hy self begin sing?

Vanaf 2000 het hy begin skryf aan 'n versameling tematiese liedjies, wat hy wou opneem in 'n poging om net een keer 'n afrikaanse album te maak wat die atmosfeer en gevoel het van die ou plate waarmee hy grootgeword het. Hierdie het tot 'n punt gekom in 2006, nadat hy weer begin optree het as 'n solo kunstenaar in restuarante. Die rede vir sy her-toetrede tot die verhoog was maar om in oeffening te bly vir projekte soos "Bokjol", waarop hy meeste van die vertolkings self gedoen het. Maar die gehoor se reaksie was oorweldigend, en later in 2006, op aandrang van menige mense, neem hy toe uiteindelik "Die Son Die Maan Die Sterre" op.

 

Aanvanklik was die album bedoel om net by sy optredes verkoop te word, maar dinge het baie vinnig hande uit geruk, en in Februarie 2007 sluit hy 'n verspreidings ooreenkoms met Select Music Distribution, en 'n bemarkings ooreenkoms met Lydia Winchester.

 

Kan mens Piet se musiek aanlyn koop?

Ja! Besoek http://www.netmusiek.co.za en ondersteun bietjie die ANDER Afrikaanse musiek!

 

Is Piet rerig 'n "professionele model bouer" ?

Ja, en nee. Soos baie seuntjies het Piet model vliegtuigies gebou toe hy klein was.In latere jare het hy gehelp navorsingswerk doen vir die ontwikkeling van 'n populere rekenaar speletjie oor die Lug Gevegte in die tweede wereld oorlog. Tydens dit het hy die Nasionale Museum vir Militere Geskiedenis in Saxonwald gehelp om van hulle skaarste vliegtuie se geskiedenisse te gaan opgrou. Sy resultate het baie oplewing in die tegniese militere geskiedenis gemeenskap veroorsaak, en het gevolg to 'n paar webwerwe, boeke en artikels.

 

Terwyl hy hiermee besig was het hy weer begin bou aan model vliegtuigies, en binne 'n paar jaar was hy een van die mees gerespekteerde internasionale bouers en 'n gesogte komisie vir versamelaars. Gedurende sy onwikkeling het hy ook menige nuwe gereedskappe en tegnieke ontwikkel vir die bou van modelle, wat wereldwye erkenning geniet. (behalwe in Suid Afrika..Piet het geen kontak met Suid Afrikaanse Model Klubs of winkels nie) Na dese het vervaardigers vir hom eksemplare begin stuur sodat hy bou-artikels daaroor kon skryf, en die het weer gely na 'n verwante stokperdjie toe: Die versamel van die ongeboude modelle. Piet het een van die grooste en interresantse 1/32 Vliegtuig model versamelings in Suid Afrika ('n Tydverdryf wat hy self erken geen sin maak nie)

 

In 2008 ,het hy begin voel dat die druk van die model besigheid die genot van die stokpertjie begin bederf, en het toe teruggetree en homself ontrek uit die mark en die internasionale bouers en geskiedkundige gemeenskappe uit. Deesdae bou hy slegs vir homself, en vir mense wat baie baie BAIE mooi vra.

 

alle inhoud © tripidipiti productions. skilderye deur Bess Rheeders