|
vir 'n op-datum en gemeenskaps-beheerde biografie van piet van wyk de vries, besoek hom gerus op wikipedia:
|
| Ons is ook gewillig om enigeiemand se biografie, storie, or indruk van Piet hier te publiseer, goed of sleg. Solank jou naam daarby staan! Stuur jou bydrae or vraag aan mypietprobleem@vanwykdevries.com |
|
vrae so vêr: Wat is 'n "Piet van Wyk de Vries" ? Piet van Wyk de Vries is 'n Afrikaanse liedjieskrywer wat nie dink sy gehoor is dom nie. Honderde van sy liedjies is al gesing of gesteel deur bekende en onbekende sangers, en opnames wat hy verwerk en vervaardig het verskyn in amper elke versameling Afrikaanse CD's in die wêreld.
Is "Piet van Wyk de Vries" 'n skuilnaam? Nee. Al het hy baie werk onder skuilname al gedoen , is Piet is sy regte naam en van Wyk de Vries is sy regte van. Dis 'n baie ou van ('n paar honderd jaar) maar steeds 'n klein familie, met huidige nasate is Engeland, Nederland, Belgie, Frankryk en Suid Afrika. Al die van Wyk de Vries'se is SA is familie van mekaar, en Piet self is 'n 3de generasie Suid Afrikaans gebore van Wyk de Vries. So nee, van Wyk de Vries is nie 'n kombinasie van sy ma en pa se van nie, al is Piet self 'n kombinasie van sy ma en sy pa.
Kan mens Piet bespreek vir 'n optrede? Ja. Meeste van Piet se optredes is by besigheids geleenthede, troues, partytjies, vondsinsamelings en so aan. Skryf vir hom by hallo@vanwykdevries.com vir besonderhede en pryse. Piet is ten alle tye so min of meer 3 maande vooruit bespreek, so kontak hom vroegtydig.
Waar kan jy Piet se CDs koop? Piet se eerste 3 CD's is nie meer in die mark verkrygbaar nie. Hulle is varsamelstukke wat nie weer gedruk gaan word nie. Van die musiek is gratis op hierdie webwerf te kry, of jy kan van die oorblywende CD's dalk te koop vind in die padstalletjie blad. 'n Opsommende album van Piet sal in Mei 2012 deur Storm Recordz verprei word. Jy kan ook by enige optrede van Piet CD's koop, indien daar van hulle nog beskikbaar is.
Kan mens Piet se musiek aanlyn koop vir aflaai? Besoek die musiek blad hier vir gratis aflaaibare liedjies en videos, en maak 'n donasie as jy dit geniet het.
Hoekom is Piet nie bekend nie? Gebrek aan belangstelling (aan Piet se kant!)
Wie onderhou hierdie webwerf? Piet besit self die webwerf. Inhoud en optredes word onderhou deur betrokke ondersteuners, ander skrywers, fotograwe en joernaliste in hulle vrye tyd, en soms ook 'n ongetemde skilder of twee. |
\
|
Party mense pas jou motor op. Ander pas jou taal en jou hart op. As jy donasies gee vir mense wat maak asof hulle jou karretjie oppas, hoekom nie ook vir iemand wat maak asof hy kan skryf nie?
|
vir navrae, epos Alishia by Storm Rekordz of bel haar by 083 635 4717 |
vir besprekings of 012 653 6162 |
||
|
© everything on this website is protected / alles op hierdie webwerf hap 'n moerse skoot |