
| informasie en aflaai goeters onder konstruksie | ||
|
|
Die wêreld met jou in
Woorde en Musiek : Piet van Wyk de Vries
As jy soms voor jou kas staan om die wêreld te verneuk
Jy sit die son in jou sak en
Almal dink jy’s die somer
Maar jy’s net ‘n dromer
En jy glimlag soos ‘n soen
Maar ek weet presies wat jy doen
Maak die beste van wat jy oor het
Jy wat verloor het
En partykeer loop jy verby my
Maar ek weet jy probeer net bly bly
Maak jou oë toe my engel
Vee daai traan af, wat kan ek sê?
Als wat jy vir my is is amper als wat ek ooit wou hê
Die dae wat verby is is weg
Die wêreld met jou in voel reg
As die tyd jou verbysteek soos ‘n skip in die nag
Sit ‘n vlam op jou pyl en
Mik vir die seile my kind
Maar jy gooi jou oë oor jou skouer soos sout in die donker
Hou op wonder oor gister
Haal jou hande uit die see uit
En vang die wind
En miskien vind jy vir my
Of miskien probeer jy net bly bly
Die son sak weg binne in die see
Kop onder water
Het die liefde tussen ons twee plek op die aarde?
skildery deur piet van wyk de vries
|
Party mense pas jou motor op. Ander pas jou taal en jou hart op. As jy donasies gee vir mense wat maak asof hulle jou karretjie oppas, hoekom nie ook vir iemand wat maak asof hy kan skryf nie?
|
vir navrae, epos Alishia by Storm Rekordz of bel haar by 083 635 4717 |
vir besprekings of 012 653 6162 |
||
|
© everything on this website is protected / alles op hierdie webwerf hap 'n moerse skoot |