
Die rede dat jy voel asof jy heeltyd verloor is omdat jy vir altyd wil lewe
Woorde en Musiek : Piet van Wyk de Vries
Triplane Music/ EMI Publishing SA
Maar in jou oë, nog steeds dieselfde
So kalm, stilgebore
Nog steeds is daar daai ander helfte
Nou ouer as tevore
Het daar ‘n halwe kans verbeur
Hier nie so seer as ander
En nog ‘n lyn val, ingekleur
Is jy nog steeds dieselfde?
Verander
Soek nou ‘n beter hoek vir lig
Wat hier en daar vergewe
Tog lag jy en jou oë kan knip
Bewys vir my jy lewe
Versamel als in een gesig
Gehou maar weggesteek
In jou oë, die ander helfte
Gehalfeer en weggebreek
Die kunstenaar, die wit gesig
Nog jonk, nog pasgebore
‘n Anderhalf onskuldigheid
So jonk, so gou belowe
Hoe verder jy kan terugkyk
Hoe skimmer glip die tyd
Is jy als wat jy kon binnehou
Of kom wat jy is soms uit?
Draai jou oë ‘n halwe graad
En sien die wêreld anders
Waar meer van stof as strande is
En meer van see as branders
Kyk in jou spieël en vra jou vraag
Vir die verbeurder van jou vrede
Die rede dat jy voel
asof jy heeltyd verloor
is omdat jy vir altyd
wil lewe