
| informasie en aflaai goeters onder konstruksie | ||
|
|
Waslap om 'n Baksteen
Woorde en Musiek : Piet van Wyk de Vries
Ek kyk al lank aan jou
Wag net ‘n bietjie- vir jou’t ek woorde soos tjoklits
tj - tj - tj - tj - tj - tj oklits
Ek soek al lank aan jou
Ek sing ‘n liedjie
Een wat jy dink jy ken- wat jy dink jy ken
‘n Waslap om ‘n baksteen
ek is Piet se seun
Jou ma se groot probleem
Ek is Piet se seun
Ek is die een wat die sambreel vergeet
As almal weet
Dit gaan reën
Ek is joune ek is Piet se seun
Ek dink al lank aan jou
Ek stuur ‘n briefie
Iets wat jou kinders sal kry
Of jou kleinkinders
Ek mik al lank aan jou met ‘n liedjie
Tussen die oë
Met ‘n met ‘n met ‘n
Waslap om ‘n baksteen
ek is Piet se seun
Uitverkoop en terug geleen
Ek is Piet se seun
Ek is die een wat die sambreel vergeet
As almal weet
Dit gaan reën
Ek is joune ek is Piet se seun
Luister my seun:
As jy hartseer is moet nie wroeg nie, tjank liewers soos ‘n babytjie
En as jy happy is moet net nie dans soos ‘n witmens nie
Ek is ‘n Waslap om ‘n baksteen
ek is Piet se seun
Tweede Piet se eerste een - ek is Piet se seun
ek is die een wat my sambreel aspris vergeet
want ek weet dit gaan weer ophou reën
ek is my ma se kind, en joune, en Piet se seun
|
Party mense pas jou motor op. Ander pas jou taal en jou hart op. As jy donasies gee vir mense wat maak asof hulle jou karretjie oppas, hoekom nie ook vir iemand wat maak asof hy kan skryf nie?
|
vir navrae, epos Alishia by Storm Rekordz of bel haar by 083 635 4717 |
vir besprekings of 012 653 6162 |
||
|
© everything on this website is protected / alles op hierdie webwerf hap 'n moerse skoot |