informasie en aflaai goeters onder konstruksie  

 

   

 

Trou met my

Woorde en Musiek : Piet van Wyk de Vries

 

Dis anderkant die seer waar jy wag en

Binne in jou mou waar jy lag

Vir my wat deur jou deur hardloop

Met jou sakdoek in my hand

 

En jy dink dit is dalk liefde want jy droom

Jou lewe lank van liefde

Maar al die ridders voor vandag

Het maar net rond gestaan en vir jou gelag

 

Maar ek het jou kom soek

En ek het jou gekry

Trou met my voordat ons wegraak

Trou met my omdat ons saakmaak

Want ek het jou kom soek

En ek het jou gekry

Trou met my

Met my

 

Jy vang jou ma op ‘n  Sondagoggend

En rol haar in jou kop rond

Tot jy onthou dat ons maar lewe in ‘n wêreld sonder reuse

 

En in jou skool van klein mense

Met klein drome en kleiner wense

Het jy gedink dat jy alleen was

Het jy gedink dat jy die enigste een was

 

Maar ek het jou kom soek

En ek het jou gekry

Trou met my voordat ons wegraak

Trou met my omdat ons saakmaak

Want ek het jou kom soek

En ek het jou gekry

Trou met my

Met my

 

 

 

Party mense pas jou motor op. Ander pas jou taal en jou hart op. As jy donasies gee vir mense wat maak asof hulle jou karretjie oppas, hoekom nie ook vir iemand wat maak asof hy kan skryf nie?

vir navrae, epos Alishia by Storm Rekordz

of bel haar by 083 635 4717

vir besprekings

hallo@vanwykdevries.com

of

012 653 6162

 © everything on this website is protected / alles op hierdie webwerf hap 'n moerse skoot