informasie en aflaai goeters onder konstruksie  

 

   

 

Storm van die Eeu

Woorde en Musiek : Piet van Wyk de Vries

 

Ek het my strand verlaat in ‘n storm

Ek het my vlot met dryfhout gebou

En gemik vir jou

Ek het die aande getel op die golwe

Daar was sout op my tong en in my oë

Maar daar was wysies in die water daar was woorde in die wind

 

En ek het geglo

Dat die see tot ‘n einde sal kom

By daai liggie op die horison

Jy het ‘n vuur begin

En dit het my hier gebring

 

En selfs al is die storm van die eeu op ons

Is jy hier veilig by my

Want jy’t my uit die water getrek en ek

Ek het jou eiland gekry

 

Partykeer droom ons van liefde

In ‘n brief in ‘n bottel in die sand

In jou hand

En dit sê

Hierdie wêreld behoort aan die dromers

En die dromers behoort aan die see

En daar is strome agter branders

Daar’s golwe en getye

Tussen ons twee

Is daar hele oseane en soms

Net ‘n stroompie in die pad tussen ons

…maar net ‘n handvol  reën op jou venster

Is partykeer elke druppel in die see

 

 

Party mense pas jou motor op. Ander pas jou taal en jou hart op. As jy donasies gee vir mense wat maak asof hulle jou karretjie oppas, hoekom nie ook vir iemand wat maak asof hy kan skryf nie?

vir navrae, epos Alishia by Storm Rekordz

of bel haar by 083 635 4717

vir besprekings

hallo@vanwykdevries.com

of

012 653 6162

 © everything on this website is protected / alles op hierdie webwerf hap 'n moerse skoot