
| informasie en aflaai goeters onder konstruksie | ||
|
|
Die Son, Die Maan, Die Sterre
Woorde en Musiek : Piet van Wyk de Vries
Die oggend son begin te verf
Aan Donderdag se blou
En tussen die Oktober drome dink ek soms aan jou
Ek weet ek kan jou bêre in die krakies van die nag
Ek hoop ek sien jou weer
En dat jy is net soos jy was
Ek wonder wat ek op sou gee
Om terug te stap in tyd
Die son, die maan, die sterre
Om weer in jou oë te kyk
En ek weet ek’s net ‘n skadu in die plooie van jou lag
Maar ek hoop ek sien jou weer
En dat jy is net soos jy was
Ek hoop ek sien jou weer
En dat jy is net soos jy was
skildery deur Bess Rheeders
|
Party mense pas jou motor op. Ander pas jou taal en jou hart op. As jy donasies gee vir mense wat maak asof hulle jou karretjie oppas, hoekom nie ook vir iemand wat maak asof hy kan skryf nie?
|
vir navrae, epos Alishia by Storm Rekordz of bel haar by 083 635 4717 |
vir besprekings of 012 653 6162 |
||
|
© everything on this website is protected / alles op hierdie webwerf hap 'n moerse skoot |