informasie en aflaai goeters onder konstruksie  

 

   

 

Elke soen voel soos die eerste een

Woorde en Musiek : Piet van Wyk de Vries

 

Ek het jou lankal lief

Maar net ‘n bietjie

Jy steek jou sexy neus in elke liedjie

En elke gebrande vinger

Herinner my aan jou

 

Jy het die laaste sê al sê ek niks nie

Jou ma sê ek is sleg vir jou

Maar ek weet ek is nie

En al wat ek moet doen is om jou te soen

En dan sal jy onthou

 

Want elke soen voel soos die eerste een

 

Jy sug as jy gaan sit asof jy oud is

Mevrou hier rond asof jy al getroud is

Moeder Maria of Mama Mia

Wie is jy nou?

My lippe sê stop

Wees bietjie soeter

Delila jy het my goed opgevoeter

Makie-sakie wat jy maak nie

Ek gaan onthou van jou

 

Want elke soen voel soos die eerste een

 

Maak nie saak wat jy sê nie ek gaan by jou bly

Ek hoef net te raak aan jou lippe en ek kan jou kry

Al is ons dikker of nouer al is ons kinders al ouer

Al is ons warm of k-k-k-k-kouer

 

 

 

Party mense pas jou motor op. Ander pas jou taal en jou hart op. As jy donasies gee vir mense wat maak asof hulle jou karretjie oppas, hoekom nie ook vir iemand wat maak asof hy kan skryf nie?

vir navrae, epos Alishia by Storm Rekordz

of bel haar by 083 635 4717

vir besprekings

hallo@vanwykdevries.com

of

012 653 6162

 © everything on this website is protected / alles op hierdie webwerf hap 'n moerse skoot