informasie en aflaai goeters onder konstruksie  

 

   

 

Sien My

Woorde en Musiek : Piet van Wyk de Vries

 

Ek is die een wat van jou hou

Daar is geen ander

Daar is geen ander een wat kom by jou nie

Ek is die een wat van jou hou

Daar’s nêrens anders

Daar’s nêrens anders vir my as by jou nie

Maak los jou hare

En voel die wind

Want in die wind is jy vry

Maak oop jou oë

En sien my

 

Ek is die een wat van jou hou

Ek geen nie om nie

Ek gee nie om wat almal dink van my nie

Ek is die een wat van jou hou

Dit maak nie saak nie

Want daar is niemand wat glimlag soos jy nie

Maak los jou hare

En voel die wind

Want in die wind is jy vry

Maak oop jou oë

En sien my

 

Aan jou een kant is ‘n man

Hy tel die sterre op sy vingers af en aan

Jou ander kant is ‘n man

En hy weet alles van almal anders af

Maar ek ken net vir jou

 

Ek is die een wat van jou hou

Is dit verkeerd?

Is dit verkeerd om te sê wat 

Ek bedoel ?

Ek is die een wat van jou hou

Het jy vergeet ?

Het jy vergeet hoe goed die lewe

Kan voel ?

 

skildery deur Bess Rheeders

 

 

Party mense pas jou motor op. Ander pas jou taal en jou hart op. As jy donasies gee vir mense wat maak asof hulle jou karretjie oppas, hoekom nie ook vir iemand wat maak asof hy kan skryf nie?

vir navrae, epos Alishia by Storm Rekordz

of bel haar by 083 635 4717

vir besprekings

hallo@vanwykdevries.com

of

012 653 6162

 © everything on this website is protected / alles op hierdie webwerf hap 'n moerse skoot