
| informasie en aflaai goeters onder konstruksie | ||
|
|
Rembrandt
Woorde en Musiek : Piet van Wyk de Vries
Rembrandt kyk uit oë uit
Wat iets weet van die wêreld
Hy ken ‘n kleur van pas vir elke vou in jou
Maar wat weet ek van skilder af?
Ek is maar net ‘n sanger
En al waaroor ek kan sing is
Hoe ek voel oor jou
Partykeer sing ons swart en wit
Partykeer is ons swerwers
Ons soek deur hierdie goed
Wat altyd tussen ons twee is
Maar soms sing ek in volle kleur
En dan is ek jou verwer
En in elke skildery van my
Sien ek êrens jou gesig
Rembrandt weet die tyd stap aan
Ons draai saam met die aarde
En al waaraan ek vas kan hou is jy
En al was ons al om die maan
Ons ploeg nog steeds met swaarde
Maar al is ons hier vasgekeer
Is ons ook somtyds vry
Maar soms is dit in swart en wit
Wat ons dink dat ons lewe
Ons struikel deur die droom van meer
Waarin ons minder is
Maar ek sien in jou elke kleur
Wat God ons mee vergewe
In elke sklidery van my
Sien ek jou gesig
Want Rembrandt kyk uit oë uit
Wat iets weet van die donker
En hoop dat ons ons lewens leef in lig
Party lewe vir geld en goud, tog ek kan doen daarsonder
Want ek wil net bly
In jou skildery
En soek
Na jou gesig
|
Party mense pas jou motor op. Ander pas jou taal en jou hart op. As jy donasies gee vir mense wat maak asof hulle jou karretjie oppas, hoekom nie ook vir iemand wat maak asof hy kan skryf nie?
|
vir navrae, epos Alishia by Storm Rekordz of bel haar by 083 635 4717 |
vir besprekings of 012 653 6162 |
||
|
© everything on this website is protected / alles op hierdie webwerf hap 'n moerse skoot |