'n semi-sarkstiese auto-biografiese liedjie wat verskyn het op piet se pyl deur seil met vuur album. tydens 'n toer in die kaap is 'n bootleg video van 'n lewendige opvoering van die liedjie gemaak en op die internet gepos.  

 

   

 

Ek en my probleme

Woorde en Musiek : Piet van Wyk de Vries

Triplane Music/ EMI Publishing SA

 

Wat sal ek maak

Met ‘n man op die maan

As jy my nie wil hê nie as

Jy my nie wil hê nie

Hoe sal ek weet wat in daai kop van jou aangaan

As jy my nie wil sê nie as

As jy my nie wil sê nie

Ai, ai ai, ek en my probleme

 

Wat moet ek doen

Met hierdie splinternuwe land

As niemand hier wil bly nie as

Niemand hier wil bly nie

Wat moet ek sê

As die wêreld om my brand

En nog niks my raak soos jy nie en

Niks my raak soos jy nie

Ai, ai ai, ek en my probleme

 

Maar ek het die son gesien

Ek het die see gesluk

Ek vir jou gesoen en amper aan geloof verstik

Ek het al gedroom van water en van jou gesig

Ek was al heeltemal alleen

En ek het al geveg vir niks

Ek het al met oop oë geslaap

En met toe oë gemik

Ek het al gebid ek was, gedink ek was

Gedink ek was

Gewens ek was

Gewens ek was verby

Maar vir jou het ek gebly

Dankie vir my lewe

 

Wat gaan ek doen

As my hart van woorde bars

En niemand my kan hoor nie en

Niemand my kan hoor nie

Wat sal ek maak met lewe op  Mars

As my man op die maan nie

Eers soontoe kan gaan nie

Ai, ai ai, ek en my probleme

 

 

Party mense pas jou motor op. Ander pas jou taal en jou hart op. As jy donasies gee vir mense wat maak asof hulle jou karretjie oppas, hoekom nie ook vir iemand wat maak asof hy kan skryf nie?

vir navrae, epos Alishia by Storm Rekordz

of bel haar by 083 635 4717

vir besprekings

hallo@vanwykdevries.com

of

012 653 6162

 © everything on this website is protected / alles op hierdie webwerf hap 'n moerse skoot