| informasie en aflaai goeters onder konstruksie | ||
|
|
Ophou
Woorde en Musiek : Piet van Wyk de Vries
Allerhande voor-son-op dinge
Grys mores en liedjielinge
Wat dryf voor my oë verby
En links langs my pen verskyn
Wat liedjies word van ware liefde
Nie TV- liefde nie
Stukkend liefde
Wat kriewels in jou maag indruk
Jou bors oopskeur en die woorde uitruk
Ek kan nie ophou met jou nie
Alle soorte verstotelinge
Dol gedagtes in wentelkringe
Wat los woorde in sirkels inrym
Wat bokant my kop verskyn
En stories word van regte mense
Nie sprokiesmense nie
Aardemense
Wat meer see is as elke brander
Meer seer as elke ander
Ek kan nie ophou met jou nie
Ek los my liedjie
Hier op die wind
Miskien eendag sal
Jy hom vind
Miskien word hy ‘n venster in tyd
Miskien eendag sal iemand terug in kyk
Na elke ou herinnering
Wat om my kom staan en sing
Wysies met vingers in
Wat voel waar die einde begin
Van elke een se liefdesliedjie
Se lekkerkry en hartseer liedjie
Met meer pyn en min akkoorde
Meer wyn en minder woorde
Ek kan nie ophou met jou nie
|
Party mense pas jou motor op. Ander pas jou taal en jou hart op. As jy donasies gee vir mense wat maak asof hulle jou karretjie oppas, hoekom nie ook vir iemand wat maak asof hy kan skryf nie?
|
vir navrae, epos Alishia by Storm Rekordz of bel haar by 083 635 4717 |
vir besprekings of 012 653 6162 |
||
|
© everything on this website is protected / alles op hierdie webwerf hap 'n moerse skoot |