ingesluit op die album die son die maan die sterre. ook opgeneem deur mathys roets onder andere.die foto bo is mariette se wals deur bess rheeders van haar piet van wyk de vries uitstalling. daar is 'n bootleg video afgeneem by pierneef teater van 'n lewevedige opvoering van die liedjie.  

 

   

 

Mariëtte se Wals

Woorde en Musiek : Piet van Wyk de Vries

 

Wat van ‘n wens

Gefluister in my oor? 

Jou grootste geheim het geglip deur jou lippe

En ek het gehoor

Wat van ‘n traan

Geknip uit jou oë?

Ek het geveg vir ‘n plek in jou lewe

En ek het verloor

 

So wat van ‘n wals Mariëtte?

Ek wou jou vertel van die sterre

Ons almal het vlerke maar ons

Hardloop hier rond op die grond

Aan die stap sonder spore

Maar jy Mariëtte

Kan dans tot jou hart breek en steeds

Kyk na die liggies daar bo      

En wonder wat hou jou hier onder

Aan die slaap sonder drome

Vanaand Mariëtte

Is al wat ons het

Hierdie wals

 

Wat van ‘n blom

Gevang in ‘n raam?

So het ek jou vas probeer skilder aan my

Maar jy’t weg gegaan  

Wat van ‘n kans

Om vir oulaas te dans?

Om nog een keer die wêreld vir jou te kan wys

En te hoop jy verstaan

 

So wat van ‘n wals Mariëtte ?

Ek wou jou vertel van die sterre

Ons almal het vlerke maar ons

Hardloop hier rond op die grond

Aan die praat sonder woorde

Maar jy Mariëtte

Kan dans tot jou hart breek en steeds

Kyk na die liggies daar bo    

En wonder wat hou jou hier onder

Aan die slaap sonder drome

Vanaand Mariëtte

Is al wat ons het

Hierdie wals

 

skildery deur Bess Rheeders

 

 

Party mense pas jou motor op. Ander pas jou taal en jou hart op. As jy donasies gee vir mense wat maak asof hulle jou karretjie oppas, hoekom nie ook vir iemand wat maak asof hy kan skryf nie?

vir navrae, epos Alishia by Storm Rekordz

of bel haar by 083 635 4717

vir besprekings

hallo@vanwykdevries.com

of

012 653 6162

 © everything on this website is protected / alles op hierdie webwerf hap 'n moerse skoot