
| hierdie was 'n baie suksevolle radio en tv treffer, van die album die son die maan die sterre af. Dit was die eerste en laaste komersieel uitgereikte liedjie wat piet voor 2012 gedoen het. die liedjie het op verskye kompilasies ook verskyn, en is ook opgeneem deur 'n reeks ander kunstenaars, onder andere mathys roets en ricus nel. piet het 'n baie lae-begroting, maar populere video gemaak van hom saam met aktrise anele van wyk. die soen in die video het nogal opslae gemaak op party plekke, in inlope in party harte. | ||
|
|
MadeleinMadelein
Woorde en Musiek : Piet van Wyk de Vries
Jy en jou oë, en jou lag
Deur jou trane
Jy en jou hart, wat jy dra
Op jou mou
Nog al die jare
MadeleinMadelein
Daar’s te veel mense in die wêreld tussen jou en my
MadeleinMadelein
Daar’s te min sterre in die hemel om op te wens vir ek en
Jy met jou skoene in jou hand
In die rok wat jou ma gemaak het en
Jy en jou siel wat jy verkoop het
Aan die eerste engel wat opgedaag het
MadeleinMadelein…
En ja, ek droom ek soen jou soen jou
Soen jou soen jou
Vir jou in die somer
Met my hande in jou hare
Ek en jy deurmekaar deurmekaar deurmekaar
Vir jou op jou mond met jou naam
Op my lippe
Vir jou op jou hand oor jou hart
Met jou vingers vas oor al die stukke
MadeleinMadelein
Daar’s te veel mense in die wêreld tussen jou en my
MadeleinMadelein
Daar’s te min sterre in die hemel om op te wens vir ek en jy
MadeleinMadelein
Hoe kan ek sê vir jou wat ek wil sê vir jou
MadeleinMadelein
Daar is ‘n plek in my hart waar ek nog droom van jou
|
Party mense pas jou motor op. Ander pas jou taal en jou hart op. As jy donasies gee vir mense wat maak asof hulle jou karretjie oppas, hoekom nie ook vir iemand wat maak asof hy kan skryf nie?
|
vir navrae, epos Alishia by Storm Rekordz of bel haar by 083 635 4717 |
vir besprekings of 012 653 6162 |
||
|
© everything on this website is protected / alles op hierdie webwerf hap 'n moerse skoot |