Hallo my naam is Piet van Wyk de Vries en ek self is 'n lig

Woorde en Musiek : Piet van Wyk de Vries

Triplane Music/ EMI Publishing SA

 

Die oomblik is verby

so jy kan my terugkry

ag, vir niks nie

Maar vat ‘n lepel verdraagsaamheid en bel my in die more

So hou nou op baklei

Ek het niks weggesteek tussen die reëls

Van dié gedig nie

Maar jy is daar in die donker

En ek weet waar jy is

Ek self is ‘n lig

 

Jy leun oor die rant

En wonder hoekom trek niemand jou terug nie

Jy kyk na die wêreld en jy sien

Alles is presies wat jy geweet het

Dit is nie

En jy is in die donker

Al sien ek jou gesig

Ek self is ‘n lig

 

Jou hand is op my skouer maar ek’s op

Ek gee ‘n tree en jy sê stop

Ek sit al jare aan jou voete en sing af na jou toe

 

En steeds glo ek dat liefde

soms

alles is

 

Maar jy sit in die donker en

Kyk, ek raak aan jou gesig

Ek self

Is ‘n lig