
| informasie en aflaai goeters onder konstruksie | ||
|
|
Liedjie van Jou
Woorde en Musiek : Piet van Wyk de Vries
Hoe lank sing ek al vir jou
Hierdie liedjies van verlange
Hierdie liedjies van die strate
In die stad
Hoe lank sing ek al vir jou
Van die liggies in die donker
Van die kamers in die wolke
Van jou hart
En ek weet dat jy verstaan
En eendag sal jy als wat ek vandag sê
Weer onthou
En ek weet dat jy kan sien
Al sing ek nog `n liedjie van die see en van die berge ek
Sing maar net `n liedjie van jou
Hoe lank sing ek al vir jou
Hierdie liedjies van die aande
Hierdie liedjies van die stiltes
In die nag
En hoe lank sing ek al vir jou
Van die golwe en die strande
Van die goud en diamante
Wat wag
En ek weet dat jy verstaan
En eendag sal jy als wat ek vandag sê
Weer onthou
En ek weet dat jy kan sien
Al sing ek nog ‘n liedjie van die reën en van die wolke ek
Sing maar net n liedtjie van jou
Hoe lank sing ek al vir jou
Hierdie liedjies van verlange
Hierdie liedjies van die vure
In die lug
Hoe lank sing ek al vir jou
Hierdie liedjies van die liefde
Hierdie versies van die eerste
Gedig
skildery deur piet van wyk de vries
|
Party mense pas jou motor op. Ander pas jou taal en jou hart op. As jy donasies gee vir mense wat maak asof hulle jou karretjie oppas, hoekom nie ook vir iemand wat maak asof hy kan skryf nie?
|
vir navrae, epos Alishia by Storm Rekordz of bel haar by 083 635 4717 |
vir besprekings of 012 653 6162 |
||
|
© everything on this website is protected / alles op hierdie webwerf hap 'n moerse skoot |