
| informasie en aflaai goeters onder konstruksie | ||
|
|
Leë skoene
Woorde en Musiek : Piet van Wyk de Vries
Leë hande
Leë skoene
Die pad gevat met niks meer as ‘n bietjie hoop nie
Van nou af
Tot more
Niks anders as jou deur om na toe te loop nie
Want as jy my soen vergeet ek alles
As jy my soen gaan my oë toe toe toe
As jy my soen
Gaan die veters van my hart los en wens ek
Kon weet wat dit is
Wat jy doen
As jy my soen
Leë woorde
Leë mense
Wat net dink aan hulself en doen net wat hul wil
Maar alles
Wat saakmaak
Is woorde in ons oë al is ons harte stil
Miskien is ek die koning van Rooihuiskraal
En dan’s jy my koningin
Dalk’s ek is ‘n prins van Noord-Transvaal
‘n Kaalvoet ridder
Wat jou kom haal
skildery deur Bess Rheeders
|
Party mense pas jou motor op. Ander pas jou taal en jou hart op. As jy donasies gee vir mense wat maak asof hulle jou karretjie oppas, hoekom nie ook vir iemand wat maak asof hy kan skryf nie?
|
vir navrae, epos Alishia by Storm Rekordz of bel haar by 083 635 4717 |
vir besprekings of 012 653 6162 |
||
|
© everything on this website is protected / alles op hierdie webwerf hap 'n moerse skoot |