informasie en aflaai goeters onder konstruksie  

 

   

 

Lapland

Woorde en Musiek : Piet van Wyk de Vries

 

Ek hoop

Dat jy jou hart verloor in Lapland

Jy hou mos alles altyd binnekant

Waar jy jouself probeer vergeet

Ek dink

Jy moet jouself verloor in Amsterdam

Net eenkeer wegraak in n` ander land

Êrens anderkant die see x2

 

Ek

Wil n` blom in die woestyn kry

Ek wil jou vrymaak en dan agterbly

Ek wil weet dat jy begryp

Ek wil weet dat jy verstaan

Dat die meeste mense minder weet

En dat die wêreld jou verkeerd gaan meet

Selfs al staan jy op die son

Selfs al skryf jy op die maan

 

 

 

Party mense pas jou motor op. Ander pas jou taal en jou hart op. As jy donasies gee vir mense wat maak asof hulle jou karretjie oppas, hoekom nie ook vir iemand wat maak asof hy kan skryf nie?

vir navrae, epos Alishia by Storm Rekordz

of bel haar by 083 635 4717

vir besprekings

hallo@vanwykdevries.com

of

012 653 6162

 © everything on this website is protected / alles op hierdie webwerf hap 'n moerse skoot