informasie en aflaai goeters onder konstruksie  

 

   

 

Kersfeeskind

Woorde en Musiek : Piet van Wyk de Vries

 

Die tyd staan stil, as jy wil

En dink dit moet

Die wêreld was klaar in sewe dae

En dit was goed

Die lyne van lig op jou gesig

Loop na jou oë

Waar die tyd aan jou vat, vat ek aan jou

Vat die jare terug

En ek wens net dit: Om langs jou te sit

Soos jy jou lewe leef

En aan jou te dink as ‘n kind op Kersfees

 

Deur die stille nag sit ek en wag

Vir jou my lief

Die sterre wink en ek dink

Kan ek asseblief

Net wens vir dit: Om langs jou te sit

En jou oë te lees

Ek droom van jou

Net soos ‘n kind van Kersfees

 

Ek hang aan jou lippe soos reën aan die wolke

Op ‘n warm Somer laeveld aand

Jy vertel jou storie van trane in glorie

En ek verstaan

En ek verstaan

 

Die jare gly by ons verby

Tyd deur jou hand

Die aarde draai vir jou en my

Van sand tot sand

En as ek kon dan sou ek weer

My lewe wou kom leef

Om jou weer te vind

Net soos ‘n kind op Kersfees

 

 

Party mense pas jou motor op. Ander pas jou taal en jou hart op. As jy donasies gee vir mense wat maak asof hulle jou karretjie oppas, hoekom nie ook vir iemand wat maak asof hy kan skryf nie?

vir navrae, epos Alishia by Storm Rekordz

of bel haar by 083 635 4717

vir besprekings

hallo@vanwykdevries.com

of

012 653 6162

 © everything on this website is protected / alles op hierdie webwerf hap 'n moerse skoot