informasie en aflaai goeters onder konstruksie  

 

   

 

Moenie bad nie Jospehine

Woorde en Musiek : Piet van Wyk de Vries

 

Moenie bad nie Josephine

Ek hou aan die reuk vas van jou hare

Wat kan ek alles vir jou bring?

Waar sal ek begin op hierdie aarde?

Waterloo is koud en nat maar

Ek sal dit vir jou vat en

Miskien as jy dit sien dan

Sal ek jou hart verdien en

Miskien sal iemand my dan onthou

As iets meer as net die ou

Wat behoort het aan sy vrou

Moenie was nie tot ek terug is by jou

 

Hou my hand vas Josephine

Ek dink ek raak die paadtjie byster

Wat anders kan ek van jou vra

Wat meer kan jy vir my doen as luister?

Parys is koud en oud en

Dalk gebou op n` fout wat

Niemand raak kon sien nie want

Niemand het gesoek nie

Maar as jy jou skoonheid vir my wys

Word hierdie kasteel dalk net jou huis

En jy iemand wat sit in n` paleis

En wonder hoekom eet almal nie koek nie

 

Hou my hand vas Josephine

Ek dink ons is n` eiland

Hou my hand vas Josephine

En dalk is daar vir ons êrens n` vry land

 

Soms kan jy die dromme hoor

En nog steeds jou kop verloor

Want God is in die details en die duiwel is in die skare

En miskien daar waar ons mekaar mis is waar die diepste van foute is

Dat ons vergeet daar’s n` verskil

Tussen n` lewe van sukses en een van waarde

So moenie bad nie Josephine

Ek hou aan die reuk vas van jou hare

Wat meer kan ek vir jou gee

Wat maak rerig saak tussen die hemel en die aarde?

 

 

Party mense pas jou motor op. Ander pas jou taal en jou hart op. As jy donasies gee vir mense wat maak asof hulle jou karretjie oppas, hoekom nie ook vir iemand wat maak asof hy kan skryf nie?

vir navrae, epos Alishia by Storm Rekordz

of bel haar by 083 635 4717

vir besprekings

hallo@vanwykdevries.com

of

012 653 6162

 © everything on this website is protected / alles op hierdie webwerf hap 'n moerse skoot