informasie en aflaai goeters onder konstruksie  

 

   

 

Hou op jammer voel vir jouself

Woorde en Musiek : Piet van Wyk de Vries

 

Op jou tong het jy ‘n antwoord

Op jou wang het jy 'n soen

In jou kas het jy ‘n sokkie

Aan jou voet het jy ‘n skoen

 

In jou hart het jy ‘n plekkie

Voor jou toon is net ‘n lyn

In jou kar het jy ‘n bril

Vir as die son skyn

 

Hou op jammer voel vir jouself

Hou op jammer voel vir jouself

Probeer anders voel oor jouself

Laat die branders spoel oor jou

 

In jou sak is daar ‘n sent

In jou hand is daar ‘n blom

In jou oë is daar ‘n vonkel

In jou maag is daar ‘n vlinder

 

In jou dak is daar ‘n lek

Maar in jou bad is nie ‘n prop nie

In jou kop is daar ‘n stem

Wat nooit sê stop nie

 

Daars nog tyd oor vir jou

Daars nog tyd

 

Maar o, jou hande is afgekap

En o, jou hak is afgehap

En o, jou rug is afgewerk

En o, jy sit daar in die kerk

 

Hou op jammer voel vir jouself

 

 

Party mense pas jou motor op. Ander pas jou taal en jou hart op. As jy donasies gee vir mense wat maak asof hulle jou karretjie oppas, hoekom nie ook vir iemand wat maak asof hy kan skryf nie?

vir navrae, epos Alishia by Storm Rekordz

of bel haar by 083 635 4717

vir besprekings

hallo@vanwykdevries.com

of

012 653 6162

 © everything on this website is protected / alles op hierdie webwerf hap 'n moerse skoot