die eerste liedjie van die eerste solo album van piet af. piet en wilmarli het 'n grap video vir hom geskiet in rilette meyer se huis, met kostuums van wilmarli se kinder teater af. die skildery bo is getiteld iemand soos jy , deur bess rheeders, uit haar versameling piet-geinspereerde werke uit  

 

   

 

Iemand Soos Jy

Woorde en Musiek : Piet van Wyk de Vries

 

Die stad se liggies jaag vanaand die aand aan

En haar strate maak hulle arms oop vir my

Ek het die wêreld aan my voete

Ek kan net vra en ek sal kry

Ek sal die hele ding

En als daarin verruil

Vir iemand soos jy
 

Ons staan in die ligte van die motors wat verby ry

En in die patrone wat teen jou kamer muur val en afgly

Loop die mense in die strate

Soos tyd by ons verby

En in die oggend aan die einde van die droom was daar net ek en

Iemand soos jy
 

En ek kyk op na die sterre

Hoe hulle skitter in die aand

En die see wieg vir die maan waar wense bly

En ek gaan soek bo op die berge

En in die diepste oseaan

En ek wentel op my eiland in die ruimte om die son

En wag vir iemand soos jy
 

Het ek jou verbeel ?

Het ek jou gedroom ?

Is dit als te veel gevra ?

‘n Wêreld net vir my

En iemand soos jy

 

skildery deur Bess Rheeders

 

 

Party mense pas jou motor op. Ander pas jou taal en jou hart op. As jy donasies gee vir mense wat maak asof hulle jou karretjie oppas, hoekom nie ook vir iemand wat maak asof hy kan skryf nie?

vir navrae, epos Alishia by Storm Rekordz

of bel haar by 083 635 4717

vir besprekings

hallo@vanwykdevries.com

of

012 653 6162

 © everything on this website is protected / alles op hierdie webwerf hap 'n moerse skoot