informasie en aflaai goeters onder konstruksie  

 

   

 

Hallo Adriaan

Woorde en Musiek : Piet van Wyk de Vries

 

Saam met die son gaan jy nog leer glimlag

Vir al hierdie monsters wat jou nog gaan pla

Miskien sal jy lewe agter die ruite

Miskien sal jy wegkruip agter die vrae

Saam met die wind gaan jy nog leer hardloop

En daars vir jou hartseer agter die maan

Net soos die seisoene sal alles verander

Die oomblik wat jy dink dat jy alles verstaan

Maar die see sal blou bly vir altyd

Sê hallo Adriaan, sê hallo

 

Saam met die reën sal jy sien die lewe

Sal jou altyd laat opstaan om jou verder te leer

En net soos jou hart sal bloei soos die lente

So sal jou hart ook bloei van die seer

Maar my liefde sal jou vashou vir altyd

Sê hallo Adriaan, sê hallo

 

En ek hoop elke aand bring vir jou sy sterre

En ek hoop elke ster bring vir jou `n wens

 

En ek hoop ek kan al jou vrae beantwoord

En ek hoop dat jy sal lank nog hier by ons kan bly

Maar ek bid vir die krag dat as daardie dag kom

En jy jou vlerke wil oopsprei, dat ek jou kan bevry

Maar jy is deel van my vir altyd

Sê hallo Adriaan, sê hallo Adriaan, sê hallo

 

 

 

Party mense pas jou motor op. Ander pas jou taal en jou hart op. As jy donasies gee vir mense wat maak asof hulle jou karretjie oppas, hoekom nie ook vir iemand wat maak asof hy kan skryf nie?

vir navrae, epos Alishia by Storm Rekordz

of bel haar by 083 635 4717

vir besprekings

hallo@vanwykdevries.com

of

012 653 6162

 © everything on this website is protected / alles op hierdie webwerf hap 'n moerse skoot