Hoekom is dit nie genoeg nie?
Woorde en Musiek : Piet van Wyk de Vries
Triplane Music/ EMI Publishing SA
Ek het jou uitgepluk
En in my huis gesit
Hoekom is dit nie genoeg nie?
Ek het jou omgedraai
En ek het jou omgeblaai
Hoekom is dit nie genoeg nie?
Jy het gedroom dat jy verdrink
Ek was daar voor jy kon sink
Al wat jy daaroor kon sing of sê
Was dat ek nie eintlik moes nie
Maar ek het jou so so nodig
Hoekom is dit nie genoeg nie?
Ek het jou op my muur gehang
Ek het jou in papier gevang
Nie genoeg om jou te hou nie
Ek het jou ingelaat en
Ek het jou vrygemaak
Dit was nie genoeg vir jou nie
Ek moes jou hou
Want ek wou nie jou laat gaan nie
Want jy sou nie ooit terug vir my kyk nie
Met niemand daar om vir jou te sê jy hoef nie
Maar ek het jou so so nodig
Hoekom is ek nie genoeg nie?
Miskien is daar vir jou
n` Spesiaal gemaakte mens
Miskien as nog n` ster of twee verskiet
Sal ek dit vir jou wens
Het ek jou dan hier vasgebind?
Ek het vryheid uitgedink
Ek het dit feitlik uitgevind
Jy sou kon sien jy’t als wat jy wou hê
As jy net kon sien en geweet het wat jy wil hê
Ek het jou beter gesoen want als het seergemaak
Vir jou die wêreld gewys sodat jy wys kon raak
Ek het my woorde gesluk in plaas van veg met jou
Het ek geveg vir jou
Het ek met almal geveg vir jou
Ek het jou so so so so nodig
Hoekom is dit nie genoeg nie?