
Heeltemal Gebreek
Woorde en Musiek : Piet van Wyk de Vries
Triplane Music/ EMI Publishing SA
Jy’s heeltemal gebreek
Maar jy is beautiful
Sit jou voet
Terug in jou mond
Jy’s heeltemal verkeerd
Maar jy is mos spesiaal
Sit jou vinger
Terug in my oog
Want al wat ons kry is
Al wat ons kry is
Mekaar
Jy’t heeltemal gestop
Maar jy gaan weer probeer
Wie sê die eerste reël
Is die hele song?
Jy’s heeltemal verloor
Die soektog is afgelas
Gaan sit in jou klerekas
En maak jouself
En maak jouself oor
Want al wat ons kry is
Al wat ons kry is mekaar
Ons almal wat vry is
Al wat ons kry is
Mekaar
en
Miskien kry jy vrede
Ten spyte van als wat jy heeltyd voor vra
Al wat ons kry is mekaar maar jy is
Heeltemal gebreek
Maar jy is beautiful
Jy is beautiful
Beautiful
Vermy vir my
skildery deur piet van wyk de vries