
| informasie en aflaai goeters onder konstruksie | ||
|
|
Fluister
Woorde en Musiek : Piet van Wyk de Vries
Die mure tussen jou en my het ore
En hoor al die geheime wat ons hou
‘n Doolhof vol van harte lank verlore
die mure tussen my en jou
Die see tussen die twee van ons is dieper
Dieper as die drome in jou oë
Maar die liefde wat ons harte bymekaar hou
Is n boot en hou my bo
Droog jou trane af ek luister
Sing jou lied vir my ek hoor
Sing so sag dat selfs die engel nader skuif
En sê jy’s lief vir my maar fluister dit in my oor
Die hartstog tussen jou en my is groter
Groter as wat ek ooit kon beheer
Die beste deel van liefde is die soektog
Maar die grootste deel van liefde is die seer
|
Party mense pas jou motor op. Ander pas jou taal en jou hart op. As jy donasies gee vir mense wat maak asof hulle jou karretjie oppas, hoekom nie ook vir iemand wat maak asof hy kan skryf nie?
|
vir navrae, epos Alishia by Storm Rekordz of bel haar by 083 635 4717 |
vir besprekings of 012 653 6162 |
||
|
© everything on this website is protected / alles op hierdie webwerf hap 'n moerse skoot |