
Liedjie vir 'n engel
Woorde en Musiek : Piet van Wyk de Vries
Triplane Music/ EMI Publishing SA
Vou jou toe in jou vlerke
Verby verby
Vloei die dinge van die wêreld
Gaan sit jou tone in die water
‘n Laaste roep voor ons toemaak
Vir wyn vir wyn
Nog ‘n heilige heildronk
Voor jy val op die aarde
Maak jou oë toe en spring
Engel van my
Ek wag al jare vir jou
Om jouself te bevry
Vir al die dinge wat jou so wegvat
Om jou terug te bring
Terug te bring
Vir my
Sing jou stadigste liedjie
Vir my vir my
Ek het jou gemaak presies wat jy is
Troebel en suiwer
So wat maak jy met jou liefde?
Baklei baklei
Jy staan op die drumpel van als wat jy ooit wou hê
En ek sien jy huiwer
Die see sing vas teen die strande
Die wind speel in die son se snare
Ek is lief vir jou
So als is reg op die aarde
Als is reg
Op die aarde