informasie en aflaai goeters onder konstruksie  

 

   

 

Baby Draai My Om

Woorde en Musiek : Piet van Wyk de Vries

 

Ag Baby draai my om

Ag Baby  draai my om

Die pad is lank en

Die wêreld groot

Jy’s in die selfoon hier

Op my skoot

Ag Baby draai my om

 

Ag Baby draai my om

Ag Baby draai my om

Die nag is wild

Die maan kom op

Jy lê hier agter

In my kop

My Baby draai my om

Draai my om

Dra my

 

Ag Baby draai my om

Ag Baby draai my om

By die linker venster lê

Die sterre en die nag

By die regter venster wag Alldays in die son

Ag Baby draai my om

Draai my om

Dra my

 

skildery deur piet van wyk de vries

 

 

Party mense pas jou motor op. Ander pas jou taal en jou hart op. As jy donasies gee vir mense wat maak asof hulle jou karretjie oppas, hoekom nie ook vir iemand wat maak asof hy kan skryf nie?

vir navrae, epos Alishia by Storm Rekordz

of bel haar by 083 635 4717

vir besprekings

hallo@vanwykdevries.com

of

012 653 6162

 © everything on this website is protected / alles op hierdie webwerf hap 'n moerse skoot