
| informasie en aflaai goeters onder konstruksie | ||
|
|
Al wat ek weet
Woorde en Musiek : Piet van Wyk de Vries
Jy soek na die blou
Tussen die branders
Jy soek ankers al
Wil jy eintlik verander
Jy soek deur wolke en mis
Wat vol berge is
Jy soek verby my
Ek hoop jy kry my
Maar jy’t jou hand voor jou oë
En jy loer deur jou vingers
Na iemand wat glo in vergeef en vergeet
Die wêreld is groot
En ons is beginners
Maar jy is die een
En dis al wat ek weet
Jy hoop daar’s ‘n lig
Anderkant hierdie nag
Jy hoop daar’s ‘n einde
Waar almal vir ons wag
Jy hoop daar is meer
Meer as wat jy kan sien
En as alles klaar is
Dat ons bymekaar is
Ons is maar net hier
Vir ‘n klein bietjie tyd
So leef eerder nou vir jou
As vir ander vir altyd en altyd
|
Party mense pas jou motor op. Ander pas jou taal en jou hart op. As jy donasies gee vir mense wat maak asof hulle jou karretjie oppas, hoekom nie ook vir iemand wat maak asof hy kan skryf nie?
|
vir navrae, epos Alishia by Storm Rekordz of bel haar by 083 635 4717 |
vir besprekings of 012 653 6162 |
||
|
© everything on this website is protected / alles op hierdie webwerf hap 'n moerse skoot |